Elon Musk se Tesla biljoene werd

Die onderneming van die Suid-Afrikaans-gebore Elon Musk, Tesla, het die sesde maatskappy in die Amerikaanse geskiedenis geword wat meer as 88 biljoen Namibiese dollar werd is. Die onderneming se aandeleprys het aan die begin van die week met meer as 12 persent gestyg. Die ander ondernemings wat deel vorm van hierdie eksklusiewe klub is Apple, Microsoft, Google se moedermaatskappy Alphabet, Amazon en Facebook. Slegs Facebook kon daarin slaag om hierdie mylpaal vinniger as Tesla te bereik. Tesla het verlede jaar 500 000 voertuie wêreldwyd verkoop en vanjaar se syfer staan reeds op 627 000