Geen rede tot kommer oor nuwe Omikron-variant in Botswana

Daar is berigte wat die rondte doen van ‘n nuwe Omikron-subvariant van die Covid-virus wat in Botswana opgespoor is. Dr. Kalumbi Shangula, die Namibiese gesondheidsminister van sê hy is bewus daarvan. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus terwyl hulle hierdie verwikkelinge waarneem, is daar niks wat op hierdie stadium kommer wek nie.