Covid: ons bid eerder

Die jongste navorsing deur Afrobarometer in verband met Covid-inentings toon dat net minder as 40 persent van Namibiërs vertrou die regering se versekering dat die entstowwe veilig is. ‘n Skokkende 77 persent van die respondente het aan Afrobarometer navorsers gesê dat hulle glo vervaardigers van entstowwe die produk op hulle wil toets, al is die entstowwe nie getoets nie. Volgens plaaslike media het ongeveer 63 persent van die respondente gesê dat gebed beter voorkoming teen enige infeksie as ‘n entstof. Tot op hede is net meer as 70 500 persone reeds ingeënt met net 10 000 wat reeds die tweede spuit ontvang het. Die opname is tussen 11 Desember verlede jaar en 10 Februarie vanjaar uitgevoer regoor die land.