Geen konflik verwag met aanstelling van nuwe hoofmanne nie

Namibië verloor tans hoofmanne van verskeie tradisionele owerhede en nuwe hoofmanne sal op die regte tyd aangewys word. Kosmos 94.1 Nuus het aan Graham Hopwood, direkteur van die Insitituut van Openbare Beleidsnavorsing gevra of binnegevegte verwag kan word met die aanstelling van nuwe hoofmanne vir die verskillende tradisionele owerhede. Hopwood voorsien nie enige konfilk nie.