Klopjagte op agt SA versekeringsfirmas uitgevoer

Die Suid-Afrikaanse Mededingingskommissie het vandag beweer hy het genoegsame bewyse en vermoede om te dink dat van die land se grootste versekeraars saamgewerk het om versekeringspremie-pryse onwettig vas te stel. Die kommissie het vroeƫr vandag klopjagte by agt versekeringsfirmas se kantore uitgevoer. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.