Geen grond word van Zim se swart boere gevat nie

Reaksie word ontvang op berigte dat owerhede in Zimbabwe op die oomblik besig is om grond wat aan swart boere gegee is en onbenut is, terug te vat. Die landbouminister Anxious Masuka het volgens die bergite gesê 99 persent van die beskikbare grond is reeds in die buurland toegeken en bronne is min so daar kan geensins toegelaat word dat mense wat grond het, dit nie benut nie. Deon Theron, die voormalige president van die buurland se kommersiële boer-unie sê dis nonsens, al is dit nodig.