Vroue en kinders verduur meer geweld

Ná 32 jaar van onafhanklikheid in Namibië leef vroue steeds in vrees vir hul manlike eweknieë. Vroue word op ‘n daaglikse basis fisies, emosioneel en finansieel deur mans misbruik, en selfs vermoor. Verskeie veldtogte teen geslagsgeweld is al van stapel gestuur, maar dit lyk nie of die boodskap oorgedra word nie. Kosmos 94.1 Nuus het aan dr. Veronica Theron wat lewenslank ‘n stem vir Namibiese vroue is, gevra of daar verbetering in statistieke gesien word.