Geen fokus op diplomatieke oplossing vir Russies-Oekraïnse oorlog

Op 24 Februarie 2022 het Rusland die Oekraïne binnegeval en geëskaleer tot die Russies-Oekraïnse oorlog. Die inval het Europa se grootste vlugtelingkrisis sedert die Tweede Wêreldoorlog veroorsaak en tienduisende sterftes aan beide kante tot gevolg gehad. Dr. Riaan Eksteen, Suid-Afrika se eerste ambassadeur in ‘n onafhanklike Namibië, sê uit Swakopmund aan Kosmos 94.1 Nuus, waarom ‘n diplomatieke oplossing vir die Russies-Oekraïnse konflik nie gevind kan word nie.