Nersa: Suid-Afrikaners moenie Eskom se skuld betaal

Suid-Afrika se nasionale energie-reguleerder, Nersa, sê dis onregverdig dat verbruikers Eskom se skuld moet betaal. Nersa se woordvoerder, Nhlanhla Gumede, het die stelling gemaak na die aankondiging dat ‘n tariefverhoging van 18,65 persent aan die kragverskaffer toegestaan is. Op vrae waarom die reguleerder die voorgestelde 32 persent geweier het, het hy gesê Eskom moet sy eie manier vind om koste in die organisasie te bestuur.