OVK in Wes-Kaap gereed vir spesiale stemme

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie in die Wes-Kaap sê hy is gereed om dié naweek tot so veel as 46 000 huishoudings te besoek om mense wat vir spesiale stemreg aansoek gedoen het, te help om te stem. Die kommissie het vroeër die maand inwoners aangemoedig om vir dié naweek se spesiale stemproses te registreer om getalle Maandag tydens die plaaslike regeringsverkiesing tot ‘n minimum te beperk. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.