Europese Unie wil soliede afvalbestuur in Namibië help verbeter

Die afvaardiging van die Europese Unie in samewerking met Stad Windhoek het ‘n skoonmaakveldtog in die informele nedersettings van Havana en Okuryangava in die hoofstad gehou. Die Instituut van Demokrasie en leerders van die Hage Geingob Sekondêre Skool en Havana Primêre Skool het ook deelgeneem. Twaku Kayofa, kommunikasiebeampte van die Europese Unie, sê die EU wil help om soliede afvalbestuur in Namibië te verbeter.