Geen Covid-sterftes aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het geen Covid-sterftes aangemeld nie, asook 24 nuwe gevalle uit 1 240 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 1,9 persent verteenwoordig. In die groep is tien leerders van verskillende skole en een onderwyser. Daar is nou  904 aktiewe gevalle, waarvan 49 in hospitale is en vyf in intensiewesorgeenhede. Altesaam 226 507 mense is ten volle ingeënt.