Geen Covid-spuit? Betaal self vir Covid-behandeling sê Singapoer

Owerhede in Singapoer het aangekondig dat persone wat vrywilliglik nie teen Covid ingeënt is nie, nie gratis mediese sorg vir die behandeling van Covid sal ontvang nie. Die land se gesondheidsminister Ong Ye Kung sê die meerderheid pasiënte wat op die oomblik mediese sorg moet ontvang vir Covid is nie geënt nie en dit plaas druk op die land se mediese bronne. Die regering subsidieer gesondheidsorg in die land maar dra alle kostes vir Covid-19. Persone wat nie in aanmerking vir inenting kom nie, of kinders jonger as 12 sal gedek word.