Swapo sien uit na sy moderne hoofkantoor – oorkant vervalle hospitaal

Die konstruksie van die Swapo Party-hoofkantoor in Windhoek vorder goed en sal volgens Austin Samupwa, die party se uitvoerende direkteur volgende jaar voltooi wees. In 2019 het Swapo ‘n kontrak van 730 miljoen Namibiese dollar aan ‘n Chinese maatskappy, Unik Construction, toegeken om hul hoofkantoor op te gradeer. Die hoofkwartier is oorkant die vervalle Katutura Staatshospitaal geleë en dus het dit onder hewige kritiek deurgeloop, selfs van voormalige party-leiers. Samupwa sê Swapo sien uit na ‘n uiters moderne, aantreklike hoofkwartier.