Namport sê oor MoU met Rotterdam

Soos vroeër vanaf COP26 in Glasgow aangekondig, het Namport bevestig dat hy ‘n memorandum van verstandhouding met die Rotterdam-hawe in Nederland onderteken het. Luidens ‘n verklaring van die hawe-owerheid, posisioneer hy homself om ‘n spilpunt te word vir die uitvoer van groen waterstof-energie. Namibië is een van die drie top lande in die wêreld wat die beste wind en sonkrag-bronne het wat nodig is om groen waterstof-energie te produseer. Nederland is in die finale beplanning van die ontplooiing van groen waterstof-energie en die Rotterdam-hawe verwag om 20 miljoen metrieke ton jaarliks teen 2050 te hanteer.