Geen brandstof om mens-dier-konflik te takel

Nuusagentskappe berig dat dit Namibiese Ministerie van die Omgewing in April nie brandstof gehad het om te reageer op insidente van konflik met wilde diere nie. Selma Angolo van die ministerie het die aanmerking in die Kavango Wes-streek gemaak tydens ‘n vergadering met lede van die publiek. Gemeenskappe sê hulle gaan gebuk onder uitdagings met olifante en hulle tuine word herhaaldelik verwoes met 27 wat reeds die jaar deurgeloop het. Angolo sê daar is ook ‘n tekort aan voertuie en talle moet herstel word. President Hage Geingob het verlede jaar ‘n verbod op die aankoop van regeringsvoertuie tot 2025 ingestel.