Covid skort alle skole kontaksport op in SA

Alle kontaksport by Suid-Afrikaanse skole is met onmiddellike effek opgeskort. Die besluit is vandag deur die Raad van Onderwysministers tydens ‘n aanlyn vergadering geneem. Die raad is van mening kontaksport-gebeurtenisse lei tot ‘n spoedige toename in Covid-19-gevalle. Die Woordvoerder van Basiese Onderwys, Elijah Mhlanga, sê kuns- en kultuur-bedrywighede mag sonder toeskouers voortgaan, onderhewig aan die nakoming van Covid-19-protokolle: