Demi Lovato identifiseer as nie-binêr

Die Amerikaanse popster Demi Lovato het aangekondig dat sy as nie-binêr identifiseer. Dit beteken dat Lovato haarself nie onderwerp aan ‘n twee-geslagstelsel, oftewel, binêre geslagstelsel nie, maar eerder as geen geslag. Lovato se identiteit is hiervolgens nie manlik of vroulik nie. In ‘n verklaring sê Lovato dat daar voortaan na hulle in plaas van haar verwys sal word. Lovato, 28, sê die besluit kom na ‘n lang introspektiewe proses.