Geen borg vir plunderaar met luukse voertuig

‘n Man van KwaZulu-Natal wat beskuldig is dat hy geplunderde goedere in sy luukse voertuig gelaai het tydens die onlangse oproerigheid, bly agter tralies nadat hy borgtog geweier is in die landdroshof in Durban. Die 26-jarige Mbuso Moloi is in hegtenis geneem nadat ‘n video rondgestuur is waarin gesien kan word hoe hy handelsware vanaf ‘n Woolworths-winkel in Glenwood in sy Mercedes Benz laai. Moloi word aangekla van diefstal, openbare geweld, oortreding en die bestuur van ‘n voertuig met vals nommerplate.