SA produsentepryse styg met 7,7%

Suid-Afrikaanse produsentepryse by die fabriek se hek het tussen Junie verlede jaar en Junie vanjaar met 7,7 persent toegeneem. Statistieke Suid-Afrika sê dit is die grootste jaarlikse styging in produsenteprys-inflasie sedert Februarie 2016 toe die koers 8,1 persent was.