Aardbewing skud Mentawai-eilande van Indonesië

Sowat 200 mense is na hoër grond ontruim nadat ‘n aardbewing van 6,1 op die Richterskaal eilande vandag in die weste van Indonesië getref en eiendom beskadig het, het die land se ramp-agentskap gesê. Die aardbewing in die Mentawai-eilande wes van Sumatra het op ‘n diepte van 27 kilometer getref en is gevolg deur een van ‘n sterkte van 5,3 in dieselfde gebied, het die owerhede gesê. Daar was geen gevaar van ‘n tsoenami nie.