Andrew moet in die hof antwoord, sê regter

Prins Andrew moet teen 14 Julie volgende jaar homself beskikbaar stel om vrae te beantwoord in verband met die siviele saak wat deur Virginia Guiffre teen hom gebring is. Regter Lewis Kaplan het die datum in die distrikshof in Manhattan bepaal. Volgens Guiffre, 38 jaar oud, het Andrew haar as minderjarige seksueel uitgebuit. Hy was goeie vriende met Jeffrey Epstein en Guiffre sê die voorvalle was almal in Epstein se huise in Londen, New York en die Maagd-eilande. Andrew, 61, is nie aangekla nie en ontken al haar aantygings. Epstein, ‘n geregistreerde seksoortreder is in die tronk dood in Augustus 2019, vermoedelik deur selfmoord. Sy vriendin Ghislaine Maxwell se verhoor begin op 29 Oktober.