Gee vir die mense ivermektien – Itula

Die leier van die IPC-party het sy stem bygevoeg by die 30 dokters wat onlangs ‘n petisie aan owerhede gerig het om ivermektien goed te keur vir die behandeling van Covid-19. Die middel, wat ook ‘n tablet het vir menslike gebruik, is nie goedgekeur in Namibië nie en net die dieremedisyne is plaaslik beskikbaar. Itula meen daar is meer as genoeg rede om alle wapens in die stryd teen die pandemie in te span.