BBC het nie fouteer met Bashir nie

‘n Ondersoek het bevind die BBC het nie korrespondent Martin Bashir in 2016 heraangestel, om die gebeure rondom sy onderhoud met prinses Diana in 1995 te verdoesel nie. Die ondersoek is gedoen ná bewerings dat Bashir onderduimse metodes gebruik het om Diana te oorreed om die onderhoud te doen. Diana het tydens die onderhoud die nou beroemde uitspraak gemaak deur te sê dat daar drie mense in haar huwelik met prins Charles was – bedoelende sy huidige vrou, Camilla. Diana se broer, Graaf Charles Spencer, het verlede jaar die ondersoek aangevra.