Mobiele Diere-kliniek steriliseer troeteldiere in Suide

Die Mobiele Diere-kliniek en veearts dr. Ian Baines het Rehoboth, Kalkrand, Mariental en Maltahöhe die afgelope week saam besoek. Altesaam 171 honde en katte is oor vyf dae gesteriliseer met die hulp van dr. Shaunee Abrahams van die Unam Skool vir Veeartsenykunde wat gehelp het met narkose, dr. Rossalia Paulus wat die diere na die operasie versorg het en Sharon Baines wat gemeenskapsopvoeding en papierwerk gedoen het.  Alle diere het goed herstel om hul nuwe lewe te begin, wat vir hulle ‘n groot voordeel is, in ag genome die armoede-geteisterde omgewings waarin hulle moet oorleef. Have-a-Heart Namibia het 70 van die honde en katte wat in Mariental gesteriliseer is, gefinansier.