Gebou in Mumba stort ineen, elf dood

Minstens 11 mense, insluitend agt kinders is in Mumbai in Indië dood ná ‘n woonstelgebou op ‘n ander gebou ineengestort het. Agt mense is beseer, berig internasionale media. Reddingswerkers vrees nog mense is in die puin vasgekeer.