Adolf Muremi is nuwe Meatco-voorsitter

Adolf Muremi, die voorsitter van Kavango-Oos Boere-vereniging, is as die tussentydse voorsitter van Meatco se direksie aangestel. Dit is deur Leon Jooste, die Namibiese minister van staatsondernemings bevestig. Muremi se aanstelling is vanaf 4 Junie effektief, nadat die voormalige direksievoorsitter, Johnnie Hamman, aan die begin van die maand bedank het.