Namibiese skole erg deur pandemie getref

Die Covid-19-pandemie se derde golf is duidelik in Namibië en dit tref veral skole met mening. Verskeie skole het al landswyd gesluit en op Okahandja het vyf staatskole en die privaatskool Berg-op Akademie se laer- en hoërskool ook gesluit. Die afgelope paar dae is die aantal onderwysers, leerders en studente wat positief getoets het, hoog. Kosmos 94.1 Nuus het aan Mahongoro Kavihuha, ‘n vakbondlid wat onderwysers verteenwoordig, gevra wat is die pad vorentoe vir hul onderwysers wat vasgevang is in die situasie?