Geblikte leeus in soeklig in SA

Planne om die teel van leeus in aanhouding in Suid-Afrika stop te sit is aan die gang. Voorleggings is aan die Suid-Afrikaanse Departement van die Omgewing, Bosbou en Visserye gedoen om bestaande wetgewing oor die bestuur van en handel in olifante, leeus, luiperds en renosters te hersien. Die Beauty Without Cruelty, Humane Society International en Blood Lions het ‘n beroep gedoen dat die teelbedryf van leeus in gevangeskap verbied word. Dit word ondersteun deur die Suid-Afrikaanse toerismediens-vereniging. Suid-Afrika het sowat 400 fasiliteite met tussen 10 000 en 12 000 leeus in gevangenskap .