Valtteri Bottas begin Portugese Grand Prix vanmiddag in voorste posisie

Motorsport: Valtteri Bottas vir die Mercedes-span spring vir die eerste keer die seisoen in die voorste posisie weg by vanmiddag se Portugese Grand Prix. Dit beteken Bottas se spanmaat, Lewis Hamilton, sal nog vir minstens sewe dae tot die Spaanse Grand Prix moet wag om ‘n rekord van ‘n honderd eerste wegspringposisies te kan behaal. Max Verstappen, vir die Red Bull-span, is in die derde posisie. Hamilton, die sewemalige wêreldkampioen, is bo-aan die punteleer na twee wedrenne.