Geblikte-leeus dalk iets van die verlede in SA

Die Suid-Afrikaanse minister van die omgewing, Barbara Creecy, het ‘n beleidsproses begin om die intensiewe teling van leeus in aanhouding, geblikte leeu-jag en die handel in leeu-produkte te verban. Dit volg na ‘n verslag oor ikoniese wilde spesies. Die publiek het 30 dae gehad om kommentaar te lewer en die proses om die beleid in wetgewing te omskep, het nou begin. ‘n Diereregte-aktivis van Ban Animal Trading, Smaragda Louw, sê hierdie voorstelle gaan wilde diere se redding wees: