Polisieman wat bestuurders omkoop – Nampol ondersoek

Kosmos 94.1 Nuus het ‘n klagte van ‘n luisteraar ontvang. Volgens die luisteraar het ‘n persoon wat of ‘n lid van Nampol of die stadspolisie is, of eenvoudig ‘n bedrieër is met ‘n polisie-uniform, motoriste in die hoofstad na nege-uur Dinsdagaand voorgekeer en 400 Namibiese dollar in betaling geëis om hulle nie te arresteer nie. Volgens Hoofinspekteur Itetila Shapaka sal die saak onmiddellik ondersoek word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.