50% van Afrikane het nie toegang tot krag nie

Terwyl die Wêreldbank sê dat net meer as 55 persent van Namibiërs in 2019 toegang tot elektrisiteit het , is daar sowat 600 miljoen van die 1,2 miljard mense in Afrika wat nie toegang tot elektrisiteit het nie, 900 miljoen wat nie toegang tot skoon kook-geriewe het nie en 24 van die 54 lande op die vasteland het ‘n elektrisiteitstoegang-syfer van minder as 50 persent. Dit is sommige van die bevindinge van ‘n onlangse Dalberg-verslag wat verskeie energie-scenario’s op die vasteland beoordeel het. Die uitvoerende direkteur van die Dalberg-groep, James Mwangi, sê dit wys Afrika het ‘n geleentheid om die voordeel van sy natuurlike hulpbronne aan te wend om finansiering te bekom vir die omskakeling na hernubare-energiebronne.