Gcaleka kondig aanpassings aan haar wetgewing aan

Die waarnemende Openbare Beskermer in Suid-Afrika, Kholeka Gcaleka, sê die Wet op die Openbare Beskermer word gewysig om seker te maak die kantoor se remediërende aksies vir onregmatige optrede word ingestel. Sy het by die nasionale ontwikkelingsplan- en staatskapasiteits-konferensie in Durban gepraat. Gcaleka sê die wysigings sluit in dat indien die Openbare Beskermer se kantoor nie regstellende stappe instel nie, dit sal neerkom op minagting, wat dieselfde is as om nie ‘n dagvaarding te gehoorsaam nie: