Christchurch-moordenaar wil appelleer

Die man wat in 2019 verantwoordelik was vir die dodelike aanvalle op ‘n moskee in Nieu-Seeland appelleer tans teen sy skuldigbevinding en vonnis. Die Australiër Brenton Tarrant is in Augustus 2020 tot lewenslange tronkstraf sonder die moontlikheid van parool gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op 51 aanklagte van moord, 40 van poging tot moord en ‘n klag van terrorisme. Regter Cameron Mander het tydens vonnisoplegging gesê daar is geen minimum vonnis wat geregverdig is vir sy misdaad nie. Tarrant se prokureur het nog nie die redes vir die appèl uiteengesit nie en geen datum is vasgestel nie.