Gbs-inwoners môre sonder water

Terwyl daar talle uitdagings is regoor die land met vervalle infrastruktuur, het Gobabis se munisipaliteit ook te kenne gegee dat daar môre, die 13de Februarie, en weer volgende week Saterdag, die 19de Februarie, ‘n wateronderbreking tussen agt-uur die oggend en vier-uur die middag sal plaasvind. Die dorpsraad sê ondergrondse asbespype sal vervang word met plastiekpype. Wateronderbrekings is algemeen in dorpe in die land. Okahandja het ook gereeld onderbrekings met ou infrastruktuur wat vir jare nie vervang is nie. Intussen duur NamWater se uitdagings met die toevoer na Windhoek toe voort. Die stad se owerheid het sy boorgate in werking gestel om water aan inwoners te voorsien. Dit is nie bekend wanneer die lyn herstel sal wees nie.