ANC-regering dagvaar Huawei

Suid-Afrika het die maatskappy Huawei Technologies gedagvaar omdat hy die aantal buitelanders wat hy in die land in diens mag neem oorskry het. Die regering sê in ‘n verklaring byna 90 persent van die werknemers by die Chinese telekommunikasiereus se Suid-Afrikaanse eenheid is buitelandse burgers, insluitend al vyf in die topbestuur. Volgens die ingediende hofstukke wil die Departement van Indiensneming en Arbeid hê die regter moet Huawei beveel om aan die indiensnemingsreëls te voldoen en ‘n boete van 1,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand te betaal.