Gaza steeds sonder water

Meer as 400 000 mense in Gaza is steeds sonder water. Dit is byna ‘n week ná die skietstilstand tussen Israel en die Palestynse Hamas-militantegroep in werking getree het. Water en –elektrisiteitsdienste is tydens lugaanvalle verwoes.