August 26 word ge-oudit

Die Namibiese ouditeur-generaal Junias Kandjeke het ‘n oudit van die finansiële boeke van August 26 begin. Die maatskappy het sedert 1998 nie oudtiverslae nie. Die nuwe minister van verdediging en veteranesake, Frans Kapofi, het die oudit verwelkom. Die Independent Patriots for Change se nasionale voorsitter, Brian Black, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy verwelkom dit, maar hy is nie van die deursigtigheid daarvan oortuig nie.