Lodge-eienaars op Okavango-rivier sukkel met onwettige visvang

Lodge-eienaars op die Okavango-rivier naby Rundu het meer as 1,2 kilometer se onwettige visnette tussen Mei en Junie uit die rivier verwyder. Drie lodges het aan die patrollies deelgeneem. Die eienaar van Shamvura Camp naby Rundu, Mark Paxton sê hulle sukkel met toenemende onwettige vissermanne maar, dit is duur en dit raak gevaarlik.