Gawanas sê die polisie het haar gevloek, rondgeruk

Die burgemeester van Windhoek Sade Gawanas het vanoggend aan ‘n LPM-perskonferensie deelgeneem en meer besonderhede bekend gemaak oor wat gebeur het toe sy Maandagmiddag in ‘n onderonsie met die polisie was. Sy sê sy was besig om met gemeenskapslede in Okahandja-park te gesels.

Sy sê die polisielid met die AK-47, wat nie in uniform was nie, het vinnig aggressief geraak.