SA: Maak gereed vir fase ses-beurtkrag vanaf 17:00 vandag

Die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, sê Suid-Afrikaners moet gereed maak vir moontlike verhoogde beurtkrag tot by fase ses vanaf vyf-uur vanmiddag. De Ruyter het die media ingelig oor Eskom se stelsel en sê die onbeskikbaarheid van steenkool, asook die huidige staking van Eskom se werknemers, beïnvloed dienslewering by baie van die kragstasies. De Ruyter sê die publiek sal ingelig word oor enige moontlike veranderinge: