Gautengse polisie bevestig skietdood van twee vroue op bus op pad na Harare

Die Suid-Afrikaanse polisie in Gauteng het die dood bevestig van twee vroue ná ‘n noodlottige skietery op ‘n bus op pad na Harare vanaf Pretoria. Polisiewoordvoerder, Motlafela Mojapelo, sê drie verdagtes wat op die Copperbelt-bus by Bosmanstraat in Pretoria geklim het en hulself as passasiers voorgedoen het, het na bewering skote deur die voorruit van die bus afgevuur. Mojapelo sê een verdagte het toe op drie vroue geskiet, en twee is op slag dood en ‘n derde is in ‘n kritieke toestand gelaat. Die ander passasiers op die bus is beroof van hul besittings, soos kontant, selfone en paspoorte.