Gautengse infrastruktuur-departement skep nie genoeg werk

Die DA in Gauteng sê die provinsiale departement van infrastruktuurontwikkeling en eiendomsbestuur stel voortdurend die inwoners teleur. Die departement bereik nie sy werkskeppingsteikens nie en broodnodige infrastruktuurprojekte word nie voltooi nie. Die DA-lid, Nico de Jager, sê in die tweede kwartaal van die 2022/2023 boekjaar, het die departement ‘n teiken gestel om 10 642 werksgeleenthede te skep as deel van die Uitgebreide Openbare Werke-program, maar slegs 3 640 hiervan is geskep.