Argentinië: Legioensiekte dalk oorsaak van uitbreking van longontsteking

Gesondheidsamptenare in Argentinië meen legioen-siekte is die oorsaak van ‘n uitbreking van longontsteking. Altesaam elf gevalle is aangemeld, insluitend vier pasiënte met voorafbestaande siektetoestande wat gesterf het. Die gevalle word verbind met ‘n private gesondheidskliniek in die noordwestelike stad van San Miguel de Tucuman. Die betreklik skaars longsiekte word gewoonlik verbind met besmette water of lugversorging-stelsels wat vuil is. Die oorsaak is tot dusver onbekend, maar Covid-19 is uitgeskakel. Die Wêreldgesondheids-organisasie monitor die uitbreking.