Bulle-vleuel gaan Springbokke se toer na Europa misloop

Rugby: Die Bulle se vleuel, Canan Moodie, gaan die Springbokke se jaar-eindtoer in Europa misloop nadat hy ‘n agterknie-sening beseer het in verlede week se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Connacht. Die Bulle se direkteur van rugby, Jake White, sê hy sal omtrent agt weke buite aksie wees. Die 19-jarige Moodie het beïndruk toe hy vroeër vanjaar sy internasionale debuut vir Suid-Afrika gemaak het. White hoop om hom teen die einde van November terug te hê vir die tweede deel van die VRK-seisoen. Die Bulle speel môre-aand teen die Glasgow Warriors in Skotland.