Daar is groot uitdagings voor COP27 – Guterres

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die komende COP27 in Egipte is die nommer een-lakmoestoets van hoe ernstig lande is oor die toenemende tol wat die klimaat op kwesbare lande het. Hy sê die optrede van die rykste ontwikkelde en opkomende ekonomieë maak nie sin nie. Guterres wys daarop dat huidige beloftes en beleide keer dat die toename in wêreldtemperatuur tot twee grade Celsius beperk word, wat nog te sê van die doelwit van 1,5 grade Celsius: