Medvedev deur na kwarteindstryd in Cincinnati

Madison Keys het die top-gekeurde Iga Swiatek van Pole uitgeskakel in die derde ronde van die Cincinnati Ope. Nog ‘n Amerikaner, Jessica Pegula, het die Brit, Emma Raducanu, se goeie spelpeil in skoon stelle getroef en ook die kwarteindstryd bereik. In die mansafdeling is die vierde gekeurde Stefanos Tsitsipas van Griekeland, die Kanadese sewende gekeurde Felix Auger-Aliassime en die Amerikaner John Isner almal deur na die kwarteinstryd, saam met die wêreld se nommer een-speler, Daniil Medvedev. Die Russiese speler het Denis Shapovalov van Kanada met 7-5 7-5 geklop om onder die laaste agt te wees, voor hy begin met die verdediging van sy Amerikaanse Ope-titel: