Ding-dong: Jehova-getuies is terug

Die Jehova-getuies in Namibië het te kenne gegee dat hy weer sy deur-tot-deur veldtog hervat nadat dit in Maart 2020 opgeskort is. Die woordvoerder Tunana Hainana het aan plaaslike media bevestig dat aktiwiteite reeds op 1 September hervat is. Namibië het ongeveer 2 660 lede van die kerk en Hainana sê besoekers aan huise sal die wil en wense van die eienaars respekteer, ook met enige bepalings van sosiale afstand of die reiniging van hande. Lede sal Bybelstudie aanbied met ‘n nuwe interaktiewe kursus in ‘n publikasie Enjoy Life Forever, wat reeds in tien van Namibië se inheemse tale vertaal is.