Gauteng ondersteun nie opkomende boere nie

Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling laat opkomende boere in die steek deur nie grond vry te stel om te ploeg nie en nie kleinboer-produsente te kommersialiseer nie. Volgens die departement se jaarverslag vir die 2022/2023-boekjaar is slegs 348 hektaar vir voedselproduksie aangeplant, teenoor ‘n teiken van 4 200 hektaar. Die DA-lid, Jade Miller, sê geen kleinboerprodusente is gekommersialiseer nie ondanks ‘n teiken van 13: